top of page

Universitas-hospitaal is as ‘n sentrum van uitnemendheid erken

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 22
  • 1 min read

Die Departement Kerngeneeskunde by die Universitas Akademiese Hospitaal en die Universiteit van die Vrystaat, in Bloemfontein, is as 'n Kliniese Teranostiek Sentrum van uitnemendheid gesertifiseer.


Luidens ‘n aanlyn artikel van die UV sluit die hospitaal nou aan by slegs twee ander sentrums in Suid-Afrika om hierdie gesogte erkenning te verwerf.


Die sertifisering volg op 'n streng evalueringsproses deur die International Centers for Precision Oncology Foundation.


Die stigting het die departement se kliniese standaarde, infrastruktuur, kundigheid en toewyding tot die bevordering van teranostiek beoordeel.


FOTO: Universiteit van die Vrystaat
FOTO: Universiteit van die Vrystaat


Comments


bottom of page