Universitas Hospitaal stel hul nuwe chirurgiese robot bekend

Mar 12, 2025
1 min read
Die Vrystaatse departement van gesondheid het ’n chirurgiese robotika-stelsel aangeskaf. Die departement se woordvoerder, Mondli Mvambi, het aan Rosestad-nuus verduidelik dat die stelsel 'n deel is van verbetering van die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein se mediese tegnologie. Volgens die departement se aanbieding sal die sisteem tydens chirurgie fokus op die aangetaste area, wat die impak op omliggende interne organe tot die minimum sal beperk. Dit stel pasiënte onder meer in staat om gouer na hul daaglikse lewens terug te keer. Die stelsel is Dinsdag by die Universitas Akademiese Hospitaal bekendgestel, nadat dit reeds tydens verskeie operasies in die hospitaal beproef is.








Comments