top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Universitas se lekkende dak is toe weens herstelwerk

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 24
  • 1 min read

Die waterlekkasies in sommige sale van die Universitas-hospitaal in Bloemfontein is weens herstelwerk wat gedoen word sodat warm water verskaf kan word.


So het die woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid, Mondli Mvambi, gereageer nadat die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) vandeesweek sy kommer uitgespreek het oor die voortdurende en herhaalde lekkasies in die hospitaal wat gesondheidsorgdienste ontwrig en pasiënte, werknemers en kritieke infrastruktuur in gevaar stel.


Netwerk24 berig Mvambi sê voorts dat die hospitaal instandhoudingspanne ontplooi het om die lekkasies te hanteer en onderbrekings van dienslewering in die hospitaal te voorkom. Daarmee saam is personeel en pasiënte ingelig oor die onvoorsiene lekkasies, en die bestuur van die hospitaal het die versekering gegee dat die situasie vinnig na normaal herstel is in die beste belang van pasiënte, personeel en lede van die gemeenskap.


Universitas-hospitaal is ongeveer 48 jaar oud, en ablusiegeriewe en teaters sal volgens Mvambi in die nuwe finansiële jaar opgeknap word.


FOTO: Sunday Times
FOTO: Sunday Times

 
 
 

Comments

Couldn’t Load Comments
It looks like there was a technical problem. Try reconnecting or refreshing the page.
bottom of page