top of page

Universiteite het te min plek

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 14
  • 1 min read

Terwyl die klas van 2025 hul matriekuitslae vier, staan ​​Suid-Afrika voor 'n groeiende uitdaging: die aantal leerders wat vir tersiêre onderwys kwalifiseer, oorskry die beskikbare plekke.


Eyewitness News berig duisende word sonder ‘n onmiddellike geleentheid gelaat siende dat meer as 345 000 studente vir toelating kwalifiseer maar daar is slegs 200 000 eerstejaarplekke by universiteite beskikbaar.


Volgens die adjunk-direkteur-generaal van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, Sam Zungu, ondersoek die departement aanlynleer en digitale platforms as alternatiewe maniere om toegang uit te brei.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page