Universiteite SA vra vir ’n langtermynplan vir Nsfas
- Saamgestel deur Jana Roos

- May 7
- 1 min read
Universiteite Suid-Afrika het ’n langtermynplan aangevra om die volhoubaarheid van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) te verseker.
Die minister van hoër onderwys en opleiding, Buti Manamela, het vroeër hierdie week aangekondig dat Nsfas onder administrasie geplaas is. Universiteite Suid-Afrika het die aankondiging verwelkom. Die organisasie verteenwoordig al 26 universiteite in Suid-Afrika.
Dit het vir ’n nasionale dialoog gevra om uitdagings by Nsfas aan te spreek.








Comments