UV-navorsers ontvang die gesogte NASA Group Achievement Award
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 10 minutes ago
- 1 min read
Navorsers van die Universiteit van die Vrystaat, Petri Oberholster, Piet-Louis Grundling en Anthea Grundling, is erken as deel van ’n internasionale span wat ’n gesogte NASA Group Achievement Award ontvang het.
Die universiteit sê die navorsers het bygedra tot NASA se eerste biodiversiteitsnavorsingsprojek in Suid-Afrika se Groter Kaapse Blommeryk.
Hulle voeg by die navorsing fokus onder meer op biodiversiteit, vleilande en klimaatsverandering.
Meer as 150 wetenskaplikes van meer as 40 instellings wêreldwyd was deel van die projek.








Comments