UV-personeellede slaag in gesogte program
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 30, 2025
- 1 min read
Vyf personeellede van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het suksesvol 'n gesogte internasionale program voltooi. Volgens ’n verklaring op die UV-webwerf is hulle een van slegs twee Suid-Afrikaanse universiteite wat daaraan kon deelneem. Die vyf personeellede het onlangs hul grade ontvang ná die suksesvolle voltooiing van die Wits-Edinburgh Doktorale Program. Die program het navorsingskapasiteit uitgebrei en 48 studente uit 11 Afrikalande ingesluit. Van die UV-gegradueerdes beplan reeds om hul doktorale studies voort te sit. Prof. Vasu Reddy van die UV het hul prestasies geloof en hul toewyding aan akademiese uitnemendheid beklemtoon.







Comments