top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

UV-professor met Wetenskap-vir-Samelewing se goue medalje bekroon

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 25, 2024
1 min read

'n Navorsingsprofessor aan die Bloemfonteinse Universiteit van die Vrystaat (UV), Saleem Badat, is met vanjaar se gesogte Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika (ASSAf) se Wetenskap-vir-Gemeenskap Goue Medalje bekroon. Luidens die UV het Badat tydens die ASSAf-galageleentheid in Pretoria vroeër die week aangedui dat hy sy R20 000 prysgeld aan die Suid-Afrikaanse BDS-koalisie vir solidariteitswerk met Palestynse universiteite sal skenk. Nog twee vooraanstaande UV-akademici, Pieter Meintjes en John Carranza, is ook as nuutverkose ASSAf-lede by die geleentheid ingehuldig. Volgens die ASSAf-webwerf is die Wetenskap-vir-Gemeenskap Goue Medaljes die toptoekennings van die akademie en die Suid-Afrikaanse wetenskapstelsel, en word as erkenning vir individue se uitstaande prestasies toegeken .

 
 
 

Comments


bottom of page