UV-studente is weer in die hof
- Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
Die ses manstudente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat glo ‘n petrolbom na ‘n kampusingang gegooi het, het weer in die Bloemfontein landdroshof verskyn.
Dit op aanklag van openbare geweld.
Volgens Netwerk24 is hulle almal vroeër op eie verantwoordelikheid vrygelaat nadat hulle in Oktober in hegtenis geneem is.
Vier van die studente mag tydelik na die manskoshuis op kampus waar hulle tuisgaan terugkeer om hul eksamen af te lê.
Daar was ook versoek dat die saak tot volgende jaar Maart uitgestel word sodat die verdagtes Kersfees saam met hul families kan deurbring.
Dié versoek is deur die landdros geweier en die saak is tot 1 Desember vir verdere ondersoek uitgestel.






Comments