Vakbonde vra vir ‘n verbod op Shein en Temu

5 days ago
1 min read
Vakbonde vra dat die internasionale aanlynkleinhandelaars Temu en Shein verbied word, om sodoende plaaslike vervaardigingswerksgeleenthede te beskerm.
Dit volg op ’n aanbeveling deur die tekstielwerkersvakbond. Business Tech berig die vakbond Cosatu sê hy sal hom hiervoor beywer.
Die uitvoerende direkteur van die National Clothing Retail Federation, Michael Lawrence, het egter kommer uitgespreek dat ’n algehele verbod op Shein en Temu mededinging in Suid-Afrika se kleinhandelsektor kan ontmoedig.
Shein en Temu het albei die afgelope paar jaar geweldig in gewildheid toegeneem, hoofsaaklik weens hul lae pryse en aggressiewe bemarking in Suid-Afrika. Albei e-handelswebwerwe is in China gestig.









Comments