top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vakbonde wil UIF onder administrasie plaas

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 19
  • 1 min read

Verskeie vakbondfederasies wil hê die Werkloosheidsversekeringsfonds, of te wel UIF, moet onder administrasie geplaas word weens bewerings van korrupsie en wanfunksionering.


Volgens die vakbonde het hulle President Cyril Ramaphosa versoek om nuwe bestuur aan te stel of die fonds onder administrasie te plaas.


Hulle vra ook dat die Valke bewerings van korrupsie by die UIF en Vergoedingsfonds ondersoek.


Die federasies voer aan dat albei instellings versuim het om werkers by te staan wanneer hulle hulp nodig gehad het.


FOTO: LabourMan
FOTO: LabourMan

 
 
 

Comments


bottom of page