Val Kilmer verskyn postuum in 'n aksiefliek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 20
- 1 min read
Val Kilmer, die Top Gun- ster wat in 2025 aan longontsteking oorlede is, gaan later vanjaar in 'n aksie-avontuurfliek verskyn – te danke aan kunsmatige intelligensie (KI).
Sky News berig Kilmer is reeds vyf jaar gelede vir die rol van 'n Katolieke priester in As Deep As The Grave gekies, maar kon weens siekte nie op die stel werk nie.
Die filmmakers, First Line Films, sê hulle werk nou saam met Kilmer se boedel en sy dogter, Mercedes. Abigail Lawrie van Tin Star en Tom Felton van Harry Potter speel ook in die fliek.
In 2021 het Kilmer die KI-stemplatform Sonantic gebruik om 'n KI-gegeneerde weergawe van sy stem te ontwikkel, nadat dit permanente skade opgedoen het ná 'n trageostomie vir keelkanker. Argiefmateriaal van sy stem is toe in die opvolgvliek Top Gun: Maverick gebruik vir Kilmer se rol van Iceman. As Deep As The Grave gebruik Kilmer se stem van ná die trageostomie.








Comments