top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Valke konfiskeer moontlik bates ter waarde van miljoene

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 18, 2024
  • 1 min read

Die Parys-landdroshof in die Vrystaat het ’n beslagleggingsbevel vir bates ter waarde van R10-miljoen rand aan die Valke toegestaan. Die Valke het die groenlig gekry om beslag te lê op geld ter waarde van meer as R5-miljoen, ‘n Toyota FJ Cruiser 4X4 en goud wat na raming R4-miljoen werd is wat aandie beskuldigde Progress Bayeni Mlambo behoort. Daar word beweer dat Mlambo en twee bykomende verdagtes verlede jaar onwettig goud in Welkom gekoop het. Die saak is tot Januarie uitgestel vir ‘n voorverhoorkonferensie. LUISTER:

 
 
 

Comments


bottom of page