Valke neem verdagtes vas met ’n lokval
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 30, 2025
- 1 min read
Drie mans verskyn na verwagting vandag in die Welkom-landdroshof op aanklagte van dwelmhandel en dwelmsmokkelary, nadat ’n lokval deur die Vrystaatse Valke suksesvol uitgevoer is. Luidens ’n polisieverklaring is die verdagtes gister in die Welkom-omgewing in hegtenis geneem. Die ondersoek na dwelmverspreiding het reeds in 2021 begin toe die Valke inligting ontvang het. In 2022 is toestemming gegee om die lokval te loods, waartydens dwelms met ’n beraamde straatwaarde van sowat R15 000 gekoop is om die verdagtes vas te trek. Op 19 Mei het die Welkom-landdroshof lasbriewe vir hul inhegtenisneming uitgereik. Die drie mans moet na verwagting vandag voor die hof verskyn.







Comments