top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Valke neem voormalige rekenpligtige beampte in hegtenis

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 28, 2025
  • 1 min read

Die Vrystaatse Valke in Welkom het twee verdagtes vir bedrog in hegtenis geneem. Volgens Newskoop kom dit nadat ’n voormalige rekenpligtige beampte van ’n munisipaliteit in Bultfontein ’n diensverskaffer aangestel het om in 2019 skuldinvorderingsdienste te lewer. Die beampte het nie behoorlik die munisipaliteit se voorsieningskettingprosedures gevolg nie. Gevolglik is ʼn betaling van sowat R530 000 na die diensverskaffer se bankrekening oorgeplaas. Die twee is saam met die maatskappy aangekla van bedrog, oortreding van die Wet op Finansiële Bestuur en oortreding van die Wet op Skuldinvorderaars. Hulle sal na verwagting vandag in die Bultfontein-landdroshof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page