top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Valke ontken dat hulle ‘n saak teen die minister van Justisie ondersoek

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 2, 2024
1 min read

Die Valke in Gauteng het berigte ontken dat hulle ‘n saak teen die minister van Justisie, Thembi Simelane, ondersoek.

In ‘n plasing op X word beweer dat die Valke ‘n ondersoek na Simelane bevestig het nadat ActionSA gister kriminele klagte teen haar gelê het.

ActionSA beweer vervalsing en oortredings van die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Aktiwiteite.

‘n Woordvoerder van die Valke, Nomthandazo Mbambo, sê hulle kan nie ‘n ondersoek na enigiemand bevestig voordat hulle in die hof verskyn het nie.

Mbambo sê dit is om die integriteit van ondersoeke te beskerm.

 
 
 

Comments


bottom of page