Vals eiendomsagente in die VS is skuldig aan bedrog
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 5
- 1 min read
Twee vals eiendomsagente is skuldig bevind aan bedrog en geldwassery nadat hulle ‘n huiskoper in Welkom met byna R300 000 bedrieg het.
Die polisie in die Vrystaat sê die Welkom-landdroshof het Vusi Stevens Mlambo en Sylvia Bangani tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is. Die paar is ook gelas om die uitstaande geld in maandelikse paaiemente aan die slagoffer terug te betaal.
Die polisie spoor eiendomskopers aan om eiendomsagente by die Reguleringsowerheid vir Eiendomspraktisyns te verifieer voordat hulle betalings maak.








Comments