top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vals regsverteenwoordiger word in ‘n Vrystaatse hof skuldig bevind

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 22, 2024
1 min read

Die Harrismith-landdroshof in die Vrystaat het gister 'n 45-jarige man, Nelson Sello Makwele, skuldig bevind aan regsverydeling. Die voorval dateer terug na 'n tydperk tussen 2020 en 2021. Tydens dié tydperk het Makwele opgetree as verteenwoordiger van twee beskuldigdes in die Phuthaditjhaba-landdroshof. Nadat die saak na die hooggeregshof verwys is, het die aanklaer Makwele se geloofsbriewe bevraagteken. Woordvoerder van die Valke, Kaptein Christopher Singo bevestig dat daar vasgestel is dat Makwele nie oor die nodige kwalifikasies beskik om as regsverteenwoordiger op te tree nie.

 
 
 

Comments


bottom of page