Vandalisme en diefstal veroorsaak groot skade
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 25
- 1 min read
Vandalisme en diefstal het groot skade by ‘n Centlec-substasie in Bloemfontein veroorsaak.
Volgens ‘n mediaverklaring van Bloemfontein se kragverskaffer het tegniese spanne die toneel besoek nadat 'n onderbreking by Bloemanda and Hillsideview aangemeld is.
By hul aankoms is tekens van onwettige toegang en vandalisme aangetref. Bewyse op die toneel sluit onder meer afgesnyde geleiers, verbrande stroomstawe en gesteelde aardingsmateriaal in.
Volgens Centlec is die skade aansienlik en vereis deeglike veiligheidsassesserings voordat herstelwerk volledig afgehandel kan word.
Die voorval is die jongste geval van skade aan kraginfrastruktuur wat inwoners in dele van die Mangaung-metro raak.








Comments