top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vandalisme laat Bloem sonder krag

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Apr 22
  • 1 min read

Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec waarsku oor ’n skerp toename in diefstal en vandalisme van elektriese infrastruktuur in die stad.


Volgens ’n kennisgewing lei die voorvalle tot groot finansiële verliese, diensonderbrekings en veiligheidsrisiko’s.


Verskeie substasies, insluitend Hertzog Noord, Martie du Plessis, Hartley, Harry Smith en Orion, is geteiken.


Dit het reeds kragonderbrekings in woongebiede soos Hamilton, Fichardtpark, Bayswater en Dan Pienaar veroorsaak.


Centlec doen ’n beroep op Bloemfontiners om verdagte aktiwiteite aan te meld en ’n rol te speel in die beskerming van infrastruktuur.


Die kragverskaffer waarsku dat die voortgesette beskadiging van toerusting dienslewering ernstig kan raak.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page