top of page

Varkboerdery trek swaar

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 14
  • 1 min read

Nie net is die uitbraak van Afrika-varkpes by nog twee varkboerdery bevestig nie – vyf kommersiele varkboerderye het nou of bevestigde of moontlike gevalle van bek-en-klouseer (BKS). 


Landbouweekblad berig twee gevalle van BKS is onlangs deur die Suid-Afrikaanse varkprodusente-organisasie in die Vrystaat en Noordwes bevestig.


In KwaZulu-Natal word daar op die uitslag van bloedmonsters gewag om nog drie gevalle te bevestig.


Berigte dui daarop dat onbevestigde uitbrake ernstiger simptome as die uitbraak in die Vrystat toon – met hoe vrektes onder suipvarkies en varke van 14 tot 18 weke oud.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page