Varkgriep is volop in Bloemfontein
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 day ago
- 1 min read
Die H1N1-virus, algemeen bekend as varkgriep, is tans volop in Bloemfontein.
’n Plaaslike spesialis in interne geneeskunde, Cloete Jansen van Vuuren, sê aan Netwerk24 ongeveer 25% van mense landwyd wat tans ’n virus onder lede het en siek is, het varkgriep. Hy sê dit is hoogs aansteeklik, so dit versprei vinnig, en muteer jaarliks.
Jansen van Vuuren beveel aan dat veral ouer mense die griep-inenting kry, aangesien daar 'n toename in sowel beroertes as hartaanvalle is kort ná griep by ouer mense gediagnoseer word. Hy sê mense wat die inenting kry, kan steeds siek word, maar die simptome is baie ligter en die kans op beroertes en hartaanvalle ook kleiner.
Die woordvoerder van Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein, Hannika Struwig, sê die hospitaal het ’n toename in pasiënte wat positief toets vir die H1N1-virus. Sy sê egter nie almal wat positief toets, word in die hospitaal opgeneem nie.








Comments