Varkhok-saak: Die hof hoor die staatsgetuie sou vrykom
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 23
- 1 min read
Adriaan de Wet, die staat se getuie in die sogenaamde varkhok-moordsaak, het Woensdag onder kruisondervraging bevestig daar was planne waarvolgens Zacharia Olivier “die val vir alles sou vat" en De Wet sou vrykom.
Maroela Media berig De Wet het oor die planne aan Olivier se vrou aan die begin van dié jaar uit die tronk geskryf. In een brief skryf hy dat hy hoop hy en Olivier is nog op dieselfde bladsy nadat Olivier belowe het om die val te vat.
In ondervraging het De Wet nie die briewe ontken nie en getuig dit was wel hul plan. Hy voeg by Olivier het later aan hom gesê die ooreenkoms wat hy met die ondersoekbeampte gehad het, is van die baan af.
Hy sê pastore, vriende en familie het hom aangeraai om staatsgetuie te word en net die waarheid praat, maak nie saak van die gevolge nie.




Comments