Varkhok-saak: 'Dit was dalk 'n ongeluk'
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 15
- 1 min read
“Dit was nie die bedoeling nie, maar dit het gebeur.”
Dit is die getuienis van Adriaan de Wet, op ‘n vraag oor of dit die bedoeling was om mense op die betrokke aand dood te skiet.
De Wet is ingevolge artikel 204 van die Strafproseswet ’n staatsgetuie in die saak waarin twee mans van die moord op die twee vroue aangekla word. Die vroue se liggame is in Augustus verlede jaar in ‘n varkhok op ‘n hoewe gevind. Zacharia Johannes Olivier en William Musora staan tereg vir die moorde op Maria Makgato en Lucia Ndlovu.
De Wet het Dinsdag in die hooggeregshof in Polokwane verskyn.
Netwerk24 berig hy sê dit is moontlik dat dit ’n ongeluk was, en dat hulle die mense wou wegjaag deur waarskuwingskote te skiet.
Die hof het verlede week gehoor dat Olivier geldelike skade gely het weens mense wat sy eiendom onwettig betree het.
Daar is suiwelprodukte op ’n rommelhoop op die plaas gestort, waarvoor die twee vroue gesoek het.




Comments