Vasgekeerde reisigers in die Midde-Ooste vra die regering om hulp
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 2
- 1 min read
Suid-Afrikaners wat vasgekeer is weens die toenemende konflik in die Midde-Ooste doen ’n beroep op die regering om hulp met hul terugkeer huis toe.
Gesamentlike Amerikaanse en Israeliese aanvalle op Iran het tot grootskaalse kansellasies van vlugte gelei, wat baie reisigers gestrand laat. Aanvalle deur Iran duur voort, terwyl die VSA sê hy sal ook voortgaan met aanvalle totdat sy doelwitte bereik word.
Oliepryse het skerp gestyg toe Asiatiese markte Maandagoggend geopen het.
Intussen doen die ANC ‘n beroep op dringende dialoog in die Midde-Ooste. Die party sê die internasionale gemeenskap moet diplomatieke pogings verskerp wat gemik is op de-eskalasie en vreedsame oplossing.








Comments