Vat jou goed en trek, Sello More
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
AfriForum eis die onmiddellike bedanking van die munisipale bestuurder van die Mangaung-metro, Sello More, weens die voortslepende wanbestuur van geld en die verval van infrastruktuur in die metro.
Netwerk24 berig volgens AfriForum het die agteruitgang van dienslewering in Bloemfontein ’n kritieke punt bereik, met nuwe inligting wat bevestig dat meer as R1,6 miljard oor vyf jaar verlore gegaan het weens waterlekkasies, ’n direkte gevolg van swak bestuur, gebrekkige instandhouding en totale administratiewe mislukking.
Volgens die organisasie verdien die inwoners van Mangaung betroubare en funksionele basiese dienste, verantwoordbare en bevoegde leierskap en deursigtige en eerlike finansiële bestuur.
AfriForum sê More se voortgesette aanstelling is onuithoudbaar en ondermyn enige poging om die munisipaliteit te herstel.
Die waarnemende hoofwoordvoerder van die metro, Nicolette Maysiels, het aangedui sy sal later op navrae reageer.








Comments