Veediefstal bly ‘n ernstige bron van kommer vir Vrystaatse boere
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 1
- 1 min read
Veediefstal bly ‘n ernstige ekonomiese bron van kommer vir die Vrystaatse landbougemeenskap.
Volgens die LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, Jabu Mbalula, is daar in die afgelope twee en ‘n half jaar, oor die 6 000 gevalle van veediefstal aangemeld.
Hiervan is net oor 1 700 vervolg met 587 skuldigbevindings.
Dit kom neer op ‘n gemiddelde vervolgingskoers van 27,7 % en ‘n skuldigbevindingskoers van slegs 9%.
Die DA se Roy Jankielsohn sê baie voorvalle van veediefstal word as gevolg van stadige reaksietye deur onderbemande veediefstaleenhede wat dikwels ver van misdaadtonele is, nie aangemeld nie.






Comments