Veediefstal in die Vrystaat toon ‘n afname
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 21, 2025
- 1 min read
Veediefstalle in die Vrystaat het danksy plaaslike patrolleerders ‘n afname van 16% getoon. IOL berig dit kom na boere in geaffekteerde gebiede, soos Ficksburg en QwaQwa, gereelde patrollies saam met die polisie en weermag georganiseer het, om grensgebiede waar veediefstal algemeen voorkom, te monitor. Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer, Jabu Mbalula, het sy tevredenheid met die vordering uitgespreek en dit 'n positiewe teken van verbeterde landelike veiligheidspogings genoem. Mbalula het bygevoeg dat die departement pogings om misdaad, veral veediefstal, sal te bestry deur sigbaarheid te verhoog, meer hulpbronne toe te ken en nou met gemeenskapspatrolliegroepe saam te werk.






Comments