Veediefstal is ‘n groot probleem in Clocolan
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 10
- 1 min read
Boere in die Clocolan-gebied in die Vrystaat het die afgelope maande swaar verliese gely weens veediefstal.
Na raming is sowat 350 skape tussen November verlede jaar en Maart vanjaar gesteel, wat groot finansiële druk op produsente plaas en kommer oor voedselsekerheid laat toeneem. Daar is ook aanduidings dat georganiseerde misdaadgroepe moontlik agter die diefstalle sit.
Volgens die DA se Jose Coetzee word die situasie vererger deur ’n gebrek aan gereelde landelike veiligheidsvergaderings in die gebied. Die party sê hy beplan om die kwessie na die provinsiale wetgewer te neem en aan te dring op sterker polisiëring en beter samewerking met boerderygemeenskappe.








Comments