top of page

Veediefstal is ‘n reuse verlies vir boere

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 6
  • 1 min read

Volgens die burgerregteorganisasie AfriForum, het veediefstal die landboubedryf van minstens R200 miljoen in direkte verliese gestroop. Die organisasie sê hoewel klagtes van veediefstal volgens die polisie se nuutste kwartaallikse misdaadstatistiek landwyd gedaal het, is dit steeds ‘n groot probleem. ‘n AfriForum distrikskoördineerder, Hennie Bekker, sê in terme van aanteelpotensiaal, die koste van die implementering van veiligheidsmeganismes en verhoogde versekeringspaaiemente is daar ook ‘n indirekte finansiële verlies vir boere. Hy sê verder dat die verkeerdelike klassifikasie van veediefstal sowel as gevalle van die polisie se traagheid om die misdade deur die publiek te laat aanmeld, verdere probleme skep.

 
 
 

Comments


bottom of page