top of page

‘Veediefstal word erger oor die feestyd’

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 3
  • 1 min read

Gewelddadige voorvalle van veediefstal sal na verwagting in die Vrystaat toeneem namate die feesseisoen voortduur.


So sê die president van Vrystaat Landbou (VL), Francois Wilken, nadat ’n plaaswerker ten tyde van ’n voorval van veediefstal naby Heilbron Saterdag in die vroeë oggendure doodgeskiet is en sy 34-jarige vrou verkrag en met ’n mes gesteek is.


Benewens dié voorval, is ’n voertuig met 11 skape ook voorgekeer en die insittendes in hegtenis geneem.


Netwerk24 berig die VL se voorsitter, Jakkals le Roux, se raad is om nie self uit te gaan om te kyk indien iets verdags by vee gesien word nie, maar om die hulp van die polisie of veiligheidsgroepe in te roep.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page