top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Veldbrande kan aansienlik toeneem in die Mangaung-gebied

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 8
  • 1 min read

Die Mangaungse Brandbeskermingsvereniging waarsku dat die gevaar van veldbrande in die komende dae aansienlik kan toeneem.


Volgens die vereniging is wydverspreide swaar ryp die afgelope naweek regoor die Mangaung-gebied ervaar.


Hulle voeg in ‘n kennisgewing by droë gras en ander brandbare plantegroei sal binne die volgende sewe tot tien dae verder uitdroog, wat beteken dat veldbrande maklik kan ontstaan en vinnig kan versprei.


Die vereniging vra grondeienaars en gemeenskappe om brandstroke so gou moontlik aan te lê en seker te maak dat brandbestrydingstoerusting gereed en diensbaar is.


Hulle beklemtoon ook dat enige brande onmiddellik aangemeld moet word sodat brandbestryders vinnig kan reageer.


Dit aangesien vinnige reaksie van kritieke belang is om brande onder beheer te kry voordat dit versprei.


Inwoners word ook versoek om uiters versigtig te wees met oop vure en enige aktiwiteite wat 'n veldbrand kan veroorsaak.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page