top of page

Venezuela: Maduro hou vol hy is onskuldig

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 6
  • 1 min read

Die Venezolaanse president Nicolas Maduro hou vol hy is nie skuldig nie. Hy beklemtoon ook dat hy steeds die president van Venezuela is, nadat Amerikaanse magte hom en sy vrou, Cilia Flores, die naweek gevange geneem het.


Maroela Media berig hy het Maandag vir die eerste keer in ʼn Amerikaanse hof op onder meer aanklagte van dwelmsmokkelary verskyn.


Die egpaar gaan nie om borgtog aansoek doen nie. Hulle bly in aanhouding tot die nuwe verhoordatum van 17 Maart.


Intussen verseker 'n kenner verbonde aan die departement politieke studies en regeerkunde aan die Universiteit van die Vrystaat, Theo Neethling, dit is "uiters onwaarskynlik" dat Suid-Afrika dieselfde pad kan stap.


Hy sê Suid-Afrika moet egter versigtig wees om nie die Trump-administrasie verder te irriteer of te frustreer nie. Hy voeg by militêre ingryping is dalk nie op die kaarte nie, maar ekonomiese strafmaatreëls is wel ʼn waarskynlikheid.


Verslaggewers drom saam buite die hof in Manhattan, waar Venezuela se president Nicolas Maduro Maandag verskyn het. FOTO: Maroela Media
Verslaggewers drom saam buite die hof in Manhattan, waar Venezuela se president Nicolas Maduro Maandag verskyn het. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page