Veranderinge aan toelae kan miljoene kwesbaar laat
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Aktiviste waarsku dat voorgestelde veranderinge aan die Maatskaplike Noodverligtings-toelae miljoene Suid-Afrikaners kwesbaar kan laat.
Die toelae, wat tydens die COVID-19-inperking ingestel is, is deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana, tot Maart volgende jaar verleng.
Aktiviste kritiseer planne om die toelae aan vaardigheids- en indiensnemingsprogramme te koppel en sê dit kan baie begunstigdes uitsluit.
Hulle meen die R370-toelae bly ’n noodsaaklike reddingsboei te midde van hoë werkloosheid en stygende koskoste.







Comments