Verbod op invoer van Terbufos is goedgekeur
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 13
- 1 min read
Die Kabinet het die verbod op die invoer van Terbufos na Suid-Afrika goedgekeur. SABC News berig dit volg op voorvalle in die land waar 'n aantal kinders oorlede is. Volgens die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, dui ‘n verslag wat deur kenners saamgestel is daarop dat die hoogs-gevaarlike Terbufos die dood van ses kinders in Naledi, Soweto, veroorsaak het - maar voeg by die besonderhede oor hoe die kinders daaraan blootgestel is, bly onseker. Ntshavheni sê egter die moontlikheid dat die kinders Terbufos-besmette voedsel van ‘n plaaslike spaza-winkel geëet het, bly die mees praktiese verduideliking.





Comments