Verbruikers kry langer tyd om debietorders te betwis
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 13
- 1 min read
Verbruikers in Suid-Afrika gaan binnekort meer tyd hê om debietorders te betwis.
Vanaf 13 April kan sekere debietorders vir tot 60 dae betwis word, afhangend van die toepaslike diensreëls.
Die verandering is deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank en die Finansiële Sektor Gedragsowerheid bevestig.
Dit vorm deel van pogings om die debietorderstelsel te verbeter, nadat bedrieglike debietorders in die verlede groot kommer veroorsaak het.
Die DebiCheck-stelsel, wat in 2021 ingestel is, vereis dat kliënte debietorders deur hul bank goedkeur voordat betalings ingevorder kan word.








Comments