top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verbruikers word gewaarsku om bedag te bly vir BTW heffings

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 29, 2025
1 min read

Verbruikers word gewaarsku om bedag te bly vir besighede wat dalk nog 15,5% Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) hef. Dit ondanks die naweek se uitspraak in die Wes-Kaapse Hooggeregshof, wat die beplande verhoging opskort. Die hof se besluit het volgens Central News, gekeer dat soos aanvanklik voorgestel deur die minister van fianansies, Enoch Godongwana, BTW op 1 Mei van 15% tot 15,5% sou styg. SAID-kommissaris, Edward Kieswetter, het verbruikers aangemoedig om te verseker dat hulle die korrekte 15% gehef word, ná die wetlike oorwinning wat deur die Demokratiese Alliansie (DA) en Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) verseker is. Hierdie uitspraak bring nie net verligting vir Suid-Afrikaners nie, maar beklemtoon ook die belangrikheid van behoorlike parlementêre toesig oor fiskale aangeleenthede.

 
 
 

Comments


bottom of page