top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verdagte gooi warm kookolie op konstabel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 18, 2025
  • 1 min read

‘n Vrystaatse-polisiekonstabel word vir ernstige brandwonde behandel na hy met warm kookolie gegooi is. Volgens polisiewoordvoer, Loraine Earl, het die 28-jarige konstabel saam met ander polisielede op inligting van beweerde dewelmverwante aktiwiteite by ‘n huis in Boshof gereageer. Netwerk24 berig met die owerhede aankoms het die vermeende aanvaller glo aggressief geraak, na die kombuis gegaan en ‘n pot met warm kookolie op die konstabel gegooi. Nooddienste is ontbied en die beseerde konstabel is vir mediese behandeling na die hospitaal geneem. Die vermeende aanvaller is  op borgtog van R500 vrygelaat en moet weer volgende maand in die hof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page