top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verdagte in Bloem met honderde bottels hoesmedisyne betrap

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 17, 2024
1 min read

’n Verdagte wat in die Botshabelo-landdroshof, in Bloemfontein, verskyn het op aanklagte van die besit op gesteelde goedere en die oortreding van die wet op medisyne en beheerde stowwe ,bly in aanhouding tot sy saak Vrydag voorkom. Hy is in hegtenis geneem nadat Botshabelo se misdaadvoorkomingstaakspan ‘n wenk ontvang het dat die verdagte sakke dra wat verdag lyk. Toe die polisie hom deursoek, het hulle honderde bottels BronCleer-hoesstroop en verskeie bottels Salterpyn-stroop gevind. BronCleer, wat kodeïen bevat, is ‘n hoesstroop wat vir die behandeling van hoes en pynverligting voorgeskryf word. Dit is ‘n beheerde middel waarvan die besit sonder magtiging onwettig is.

 
 
 

Comments


bottom of page