top of page

Verdagte is in hegtenis ná ’n eienaardige moord

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 3, 2025
  • 1 min read

Die polisie is besig om ’n eienaardige, moontlike moord in Botshabelo te ondersoek. Volgens ’n polisieverklaring was ’n man, sy vrou en ’n vriend betrokke. By aankoms is die oorledene in ’n sittende posisie met ’n tou om die nek aan die dak gevind. Hy was kaalvoet en het ’n oop wond aan die regterkant van sy voorkop gehad. Voorlopige ondersoeke toon dat ’n struweling tussen die oorledene, sy vrou en die verdagte plaasgevind het. Daar word beweer dat hulle alkohol gebruik het. Die oorledene en sy vrou het in ’n slaapkamer gaan skuil, maar die verdagte het glo die deur oopgebreek en die oorledene met ’n baksteen aangerand. ’n Man van 31 is vir moord in hegtenis geneem en sal binnekort in die Botshabelo-landdroshof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page