top of page

Verdagte word gesoek nadat 'n Heidedal-man oppad werk toe geskiet is

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 13, 2025
  • 1 min read

Die polisie in die Vrystaat soek na ‘n verdagte nadat ‘n 44-jarige man op pad werk toe in Heidedal noodlottig geskiet is.

Twee broers moes op pad werk toe ‘n spoorlyn in Ooseinde oorsteek. Hulle het die verdagte verbygesteek wat langs die sypaadjie gestaan het.

Die broers het pas die verdagte verbygesteek toe hy die slagoffer in die rug begin skiet het. Toe die slagoffer neerval, het die verdagte hom twee keer in die kop geskiet voordat hy weggehardloop het.

ʼn Polisiewoordvoerder, sersant Sinah Mpakane, sê die slagoffer is op die toneel dood verklaar.

LUISTER: 

 
 
 

Comments


bottom of page