top of page

Verdagtes beroof ‘n Vrystaatse vulstasie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 16
  • 1 min read

Verdagtes wat die Kroonvaal Engen 1 Stop Suid beroof het, is steeds soek. Parys Gazette berig volgens polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, het een van die verdagtes wat agter op ‘n bakkie gesit het, met hul aankoms gister by die vulstasie skote in die lug geskiet. Van die werknemers wat besig was om die rybaan skoon te maak, is gedwing om op die grond te gaan lê. Terwyl die werknemers nog op die grond was, het hulle ‘n ontploffing in die vulstasie se geriefswinkel gehoor. Die verdagtes het met ‘n onbekende bedrag kontant van die toneel gevlug nadat hulle OTM’s en kluise met plofstof oopgeskiet het. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

 
 
 

Comments


bottom of page