Verdagtes binnekort in hof oor onwettige mynbou in Vrystaat

Vyf verdagtes wat glo betrokke is by onwettige mynbou in die Vrystaat, sal binnekort in die hof verskyn. Hulle is tydens ’n polisie-operasie by verskeie mynbrandpunte in hegtenis geneem. Volgens die polisie is meer as 100 kilogram goudhoudende materiaal sowel as toerusting vir goudverwerking gekonfiskeer. Die operasie is deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens in samewerking met die Weermag en privaat sekuriteitsmaatskappye uitgevoer. Tydens dieselfde operasie is 1 500 rooi ontstekers by die Kopanang-myn teruggevind. Dié plofstof is glo deur onwettige mynwerkers agtergelaat en die bomverwyderingseenheid is ontbied om dit te hanteer. Die verdagtes sal op aanklagte van onwettige mynbou, goudverwerking en immigrasiewet-oortredings in die hof verskyn.








Comments