top of page

Verdagtes gooi glo warm kookolie oor ‘n hond

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 22
  • 1 min read

Verdagtes het glo ‘n hond op hul eiendom gevind, en in plaas daarvan om hom weg te jaag of die eienaar te kontak, het hulle warm kookolie oor die hond gegooi. Volgens die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereninging (DBV) het die hond ernstige brandwonde opgedoen. ‘n Saak van dieremishandeling is teen die twee aanhangig gemaak. Intussen vier die Bloemfonteinse DBV ‘n oorwinning: ‘n Man het skuldig gepleit aan dieremishandeling na hy glo sy buurman se hond gesteel en met hom gaan jag het. Die hond het tydens die jag ernstige beserings opgedoen. Die Philippolis-landdroshof het die man skuldig bevind en hy is ‘n opgeskorte vonnis van ses maande gevangenisstraf of 'n boete van R3 000 opgelê.

 
 
 

Comments


bottom of page