top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verdagtes in Durban betrap met R15 miljoen se vervalste goedere

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 17, 2024
1 min read

Die polisie het vervalste klere ter waarde van meer as R15 miljoen gekonfiskeer tydens 'n operasie in Durban Donderdag. Volgens ‘n polisie mediaverklaring het 'n span wat met smokkelware, vervalste en onwettige goedere werk, intelligensie versamel dat daar winkels is wat vervalste goedere verkoop. Die polisie het soekbevele vir verskeie winkels bekom. Ten minste vier verdagtes is reeds in die operasie, wat Donderdagmiddag steeds aan die gang is, in hegtenis geneem. Sodra hulle verwerk is, sal die verdagtes na die hof geneem word.

 
 
 

Comments


bottom of page