top of page

Verdagtes in ‘n R250 miljoen renosterhoring-smokkelsindikaat kry borgtog

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 20, 2025
  • 1 min read

Die ses beskuldigdes wat glo by ’n gesofistikeerde renosterhoring-smokkelsindikaat betrokke was, is borgtog in die Pretoriase landdroshof toegestaan. Prime Time News berig die groep staan tereg op 'n gesamentlike totaal van 55 aanklagte, insluitend afpersing, bedrog, diefstal en geldwassery. Hulle het glo tussen 2017 en 2024 'n internasionale sindikaat georkestreer wat permitte vir binnelandse renosterhoringhandel bekom het terwyl die horings glo na onwettige markte in Suidoos-Asië gestuur is. Die skema het na bewering 964 renosterhorings met 'n geraamde waarde van R250 miljoen behels. Die beskuldigdes sluit in die 83-jarige voormalige stiger en eienaar van Platinum Rhino Conservation Enterprise, John Frederick Hume, ‘n praktiseerdende prokureur, Elizabeth Van Niekerk en die direkteur van ‘n niewinsgewende organisasie. Die saak is tot 9 Desember uitgestel vir verdere ondersoek.

 
 
 

Comments


bottom of page