Verdagtes is ná ‘n jaagtog in Pellissier vasgetrek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Twee verdagtes is in Pellissier in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hulle glo van ’n woning in Klaradynlaan probeer vlug het.
Die verdagtes het oor ’n heining gespring en in die rigting van die N1-snelweg gevlug, maar is kort daarna met beweerde gesteelde goedere in hul besit vasgetrek.
Volgens AfriForum het die inhegtenisneming gevolg op ’n vinnige, gesamentlike optrede tussen verskeie sekuriteitsmaatskappye, buurtwagte en gemeenskapsveiligheidstrukture.
Lede van die Parkweg-polisie het die verdagtes oorgeneem vir verdere ondersoek.








Comments