Verdagtes is op heterdaad met vervalste dokumente in Bloem betrap
- Nadia Pieters

- Oct 24
- 1 min read
Vinnige optrede deur lede van die Parkweg Misdaadvoorkoming het tot die inhegtenisneming van twee verdagtes vir die besit en vervaardiging van vervalste amptelike dokumente gelei.
Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring ‘n man het die polisiestasie in Central Park besoek om ‘n bestuurslisensie te sertifiseer.
‘n Polisielid het vermoed dat dit vervals is en het die verkeersdepartement gekontak wat die vermoede beaam het.
‘n Ondersoek het lede na ‘n plaas op die N6 gelei waar voltooide aansoekvorms vir bestuurslisensies, talle vervalsde tydelike bestuurslisensie en voertuiglisensieskyfies gevind is.
Die verdagtes is dadelik in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van onder andere bedrog en vervalsing verskyn.






Comments