Verdagtes is vas vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 13, 2024
- 1 min read
Die polisie het drie verdagtes vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen in Paul Roux in die Vrystaat in hegtenis geneem.
Beamptes het opgetree op grond van inligting oor ʼn buitelander wat ʼn vuurwapen in sy winkel gehad het.
’n Nege millimeter pistool en ammunisie is onder die winkelrakke gevind.
Geen dokumentasie is verskaf nie en daar is gevind dat die vuurwapen aan iemand anders behoort.
Die polisie ondersoek ’n saak van nalatigheid en die verlies van ’n vuurwapen






Comments