Verdagtes is vinnig vasgetrek na hul glo Vrystaatse bejaardes op hul plaas beroof
- Armando Pieters

- Aug 4
- 1 min read
Binne ure nadat ‘n bejaarde egpaar op ‘n plaas in die Smithfield-distrik van hul besittings beroof is, is twee verdagtes vasgetrek. Kontant en die voertuig wat op die plaas gesteel is, is ook teruggevind. Parys Gazette berig die voorval het gistermiddag gebeur to die egpaar, onderskeidelik 78 en 81 jaar oud, van die kerk af by die huis gekom het. Die vrou is glo deur twee mans oorrompel, aangerand en met messe gedreig. Die huis is geplunder en die rowers het selfone, kontant, juweliersware en ander waardevolle items gesteel. Die man is glo ook gedwing om ’n kontantdeposito te maak voordat hy in sy eie voertuig gedwing is. Die slagoffers het onmiddellik alarm gemaak, waarop plaaslike boere en die polisie vinnig gereageer het.





Comments